This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Vlêrmuise van Suid Afrika: Nagtelike Kreature

Sodra die woord vlêrmuis genoem word, begin mense dadelik 'n visioen kry van donker, boos, vreesaanjaende kreature wat jou bloed wil uit suig. Hierdie tipe misverstande het gelei daartoe dat vlêrmuise nie baie populêr is nie, al speel vlêrmuise 'n baie belangrike rol in die biologiese oorlewing van die natuur. Suid-Afrika het 'n trotse reeks van sewe vrugte eetende vlêrmuise en 65 insek eetende vlêrmuis spesies.

Voordat ons die feite van vlêrmuise van nader bekyk, kom ons stel eers 'n paar wit leuntjies reg. Al gebruik vlêrmuise sonar gedeurende vlug, is hulle nie blind nie. Dit is hoogs onmoontlik dat 'n vlermuis in jou hare verstrengel sal raak, om rede vlêrmuise uitstekend daarin is om voorwerpe gedeurende vlug te vermy. Vlêrmuise val nie mense aan nie en dra baie min siektes soos hondsdolheid. Wat baie interressant is, is die feit dat vlêrmuise baie belangrik is vir Suid-Afrika se ekosisteem. Hulle help die menseryk, deur insekte te eet en plante te bestuif, en is dus 'n plaasboer se grootste vriend. Registers wys dat die vlêrmuis populasie in De Hoop Grot ongeveer 300 000 individue het, wat ongeveer 100 ton insekte 'n jaar eet. Vlêrmuise kan dalk 'n probleem skep wanneer hulle in jou dak woon, maar dit is teen die wet om hulle te vergiftig, en dit is nodig om professionele mense in te kry wat die vlêrmuise vreedsaam kan verwyder.

Vêrmuise kan in twee duidelike groepe verdeel word, naamlik Megachiroptera (vrugte eetend) en Microchiroptera (insek eetend). Vrugte eetende vlêrmuise voed op ryp vrugte, wat 'n rol speel in bestuiwing. Insek eetende vlêrmuise hou ons vry van muskiete en ander insekte. Van al die soogdiere, is vlêrmuise die enigstes wat kan vlieg. Daar is 'n baie dun vlerk membraan wat oor die vlermuise se verlenge voorarm vingers, oor die kante en tot sy enkels gespan is. Vlêrmuise maak eerstens op hulle verfynde gehoor sintuie staat. Weerklank opsporing word deur Microchiroptera gebruik om insekte op te spoor. Terwyl hulle in vlug is, sal insek eetende vlêrmuise hoê frekwensie klank golwe uitstuur deur hulle neuse of monde. Hierdie geluid kan soms deur mense gehoor word, as 'n kliek geluid. Die klankgolwe bons van soliede voorwerpe af, terug na die vlermuis se goed ontwikkelde ore. Hulle kan dan sodoende kos opspoor en groter voorwerpe vermy.

Suid-Afrika se vrugte vlêrmuise of Megachiroptera bestaan uit 7 spesies. Hulle het tipies groot lyfies en hulle gesiggies lyk na aan n 'hond sin. Vrugte eetende vlêrmuise in Suid Afrika sluit die volgende spesies in: Strooi-gekleurde Vrugte Vlêrmuis (Eidolon Helvum); Egyptiese Vrugte Vlêrmuis (Rousettus Aegyptiacus); Wahlberg’s Epauletted Vrugte Vlêrmuis (Epomophorus Wahlberg) en Peter’s Epauletted Vrugte Vlêrmuis (Epomophorus Crypturus).

Die Microchiroptera of insek eetende vlêrmuise van Suid Afrika het ongeveer 65 spesies. Die verskil tussen die vrugte vlêrmuise en insek eetende vlêrmuise is dat insek eetende vlêrmuise heelwat kleiner is, en hulle het net een klou per vlerk. Oor die algemeen, is insek eetende vlêrmuise ook minder aktief, met gerimpelde neusies en baie plooie. Insek eetende vlêrmuise in Suid-Afrika is in die volgende families verdeel: Sheat-Tailed en Tomb Vlermuise (Emballonuridae), Trident en Leaf-Nosed Vlermuise (Hipposideridae), Slit-faced Vlermuise (Nycteridae); Perdeskoen Vermuise (Rhinolophidae), Vesper Vlerkmuise (Vespertilionidae) en Free-tailed Vlermuise (Molossidae).

Die Bedreigde Natuurbewarings Trust van Suid-Afrika het 'n Vlêrmuis Bewarings Groep wat navorsing doen op die vlêrmuise, en hulle beskerm. Hulle probeer ook die publiek inlig oor vlêrmuise en sodoende is die meeste mense nou minder bang vir hierdie vredeliewende vlieënde soogdiertjies. Hulle word ook nou as 'n belangrike rolspeler in die natuur gesien. So, die volgende keer wat jy 'n vlêrmuis in verbygang sien, moenie jou dood skrik vir hulle nie, maar sê eerder dankie vir die werk wat hulle verrig.

User Comments & Reviews

afanti-tour.com Team
2010-12-15 07:13:41

HELP. mense het 5 klein vlermuise vir my gegee, die goedjies het uit die garage se dag geval. wat kan ek hulle gee om te eet en hoe voer ek hulle?
Thank you for your interest in afanti-tour.com. We suggest you contact the Bat Interest Group with your enquiry. Their website address is : http://www.batsgauteng.org.za/index.htm Good luck! We would be interested to hear what happens. Best wishes from the afanti-tour.com Team

Reply with Quote

lottie
2010-12-14 16:07:38

HELP. mense het 5 klein vlermuise vir my gegee, die goedjies het uit die garage se dag geval. wat kan ek hulle gee om te eet en hoe voer ek hulle?

Reply with Quote

afanti-tour.com Team
2010-11-22 07:46:41

help asb my 3jarige seuntjie het vanoggend 'n baba vlermuisie op getel wat nog leef en nou wil hy hom hou en kos gee. Hoe? En wat?
Hi Annece, Thank you for visiting afanti-tour.com. It would be best if you contact the experts - the Bat Interest Group - their website address is : http://www.batsgauteng.org.za/index.htm Good luck! We would be interested to hear what happens. Best wishes -- afanti-tour.com Team

Reply with Quote

Annece Hanekom
2010-11-21 12:29:08

help asb my 3jarige seuntjie het vanoggend 'n baba vlermuisie op getel wat nog leef en nou wil hy hom hou en kos gee. Hoe? En wat?

Reply with Quote

kotie arpin
2010-03-21 18:52:47

baie webwerwe deurgewerk vir seun se skooltaak jul webwerf puik inligting is interessant baie geleer oor vlermuise

Reply with Quote

Wikkie Alberts
2010-02-21 22:20:38

Baie dankie vir die inligting. Ek bly in Marloth Park en het so ruk terug 'n vrugte vlermuis gered wat in 'n dorningboom gekoek was. Ek het nou 'n klein swart tiepe wat in my slaapkamer rond vlieg en ek was dood bang hy land op my en byt my dalk maar nadat ek die artikel gelees het is ek nie meer bang nie (maar ek gril nog vir hulle :)) nou kan ek maar slaap terwyl hy nou maar rond vlieg. Ek sal hulle nou nie dood maak nie maar sou hom liewer wou gevang het en buite los gelaat het.

Reply with Quote

afanti-tour.com Team
2009-12-14 11:16:56

Dankie dat u afanti-tour.com besoek het. Miskien kan die 'Bat Interest Group' jou help met die probleem van vlermuise in jou huis se dak - http://www.batsgauteng.org.za/SABats.htm

Reply with Quote

Hanri Cilliers
2009-12-11 14:24:50

Verlang inligting om vlermuise te verwyder. Het in huis se dak ingetrek, kan nie leef van die stank van die mis nie. HELP ASSEBLIEF

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.