This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Verken die Diamantdorp Cullinan

Cullinan is ‘n klein vreedsame myndorpie ongeveer derig kilometer oos van Pretoria. Toeriste word toenemend hier gesien asook stadsmense van Johannesburg en Pretoria wat van die stadsgewoel wil ontsnap. Die dorpie is ryk aan geskiedenis, besienswaardighede, aktiwiteite en bekostigbare akkommodasie.

Net meer as ‘n honderd jaar gelede het Cullinan uit weinig meer as ‘n paar tente en diamant prospekteerders bestaan. In 1902 het sir Thomas Cullinan die diamantdraende pyp ontdek en teen 1904 is skakelhuise vir mynwerkers gebou. Die dorpie is gevolglik na sir Thomas Cullinan vernoem. Op 25 Junie 1905 het die dorpie sy pad in die geskiedenisboeke gevind met die ontdekking van die legendariese Cullinan-diamant. Frederick Wells wat vir die Premier Diamond Mining Company gewerk het as bogrondse bestuurder het die ongelooflike vonds gemaak wat steeds die grootste diamant is wat ter wêreld ontdek is. Die Cullinan-diamant se massa was 621,2gm (of 3 106 karaat) en was ongeveer 10cm in lengte. Die diamant is in twee gesny en die grootste deel is steeds vandag te sien as deel van die Kroonjuwele van Brittanje.

Van die besienswaardighede in Cullinan is die skakelhuisies wat in 1904 gebou is; die grafte van die Italiaanse krygsgevangenes wat hier tydens die Tweede Wêreldoorlog omgekom het; of die aantreklike klipkerk wat deur sir Herbert Baker ontwerp is. Die grootste besienswaardigheid is egter die toer van die Cullinan diamantmyn. Die myn is steeds toonaangewend in die produksie van die hoogste kwaliteit edelstene ter wêreld en, benewens ‘n bogrondse besigtigingstoer kan besoekers ook die mynskag sien en ‘n uitstalling van replika diamante sien. Daar is ‘n model van die ondergrondse tonnels asook die hyserkamer. Nadat besigtig is hoe hierdie edelgesteentes gemyn word, kan besoekers die Cullinan Diamant Mynmark besoek waar diamante en juweliersware gekoop kan word.

Cullinan bied baie vir die toeris en dit sluit geskiedenis, rustigheid en natuurskoon in wat fassinerend en gedenkwaardig is.

User Comments & Reviews

Charles Tosen
2009-12-31 07:30:12

Ek is trots om te sê dat ek in Cullinan gebore en groot geword het. Groete aan almal wat saam met ons hier lekker stout was.

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.