This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Vaal Meander

Wanneer mense met skeppende talent byeenkom vir ‘n dinkskrum is die produk gewoonlik ‘n meesterstuk. Dit was ook die geval met die Vaal Meander. Slegs ‘n uur per motor weg van stadsgewoel van Johannesburg is daar ‘n wêreld van mooi gesigte, kreatiwiteit en ontspanning wat reeds ‘n gewilde wegkomplek vir die plaaslike bewoners geword het en ook die volmaakte plek is vir spesiale geleenthede en ‘n kans vir toeriste om die stiller aspekte van Suid-Afrika te ontdek en tog is dit na aan stede en dorpe.

Die gedagte vir die Vaal Meander het ontstaan tussen ‘n groep kunstenaars en vervaardigers van nutsartikels ongeveer veertien jaar gelede. Daar is gesellige akkommodasie vir besoekers wat ‘n paar nagte wil oorbly en die hele streek wil verken. Toere en begeleide wandelroetes bied die geleentheid om al aantreklikhede in die gebied te ontdek. Die roetes bied ook aan besoekers die geleentheid om kunstenaars te sien terwyl hulle werk en kunswerke kan op die perseel van kunstenaars aangekoop word.

Benewens die kunsaspekte is daar ook ‘n verskeidenheid ander fasiliteite soos sport, watersport, booritte, buitenshuise avontuursentra en kunswinkels om maar net ‘n paar te noem. Staproetes deur die skilderagtige landskap bied aan stappers ‘n groot verskeidenheid natuurtonele asook ‘n kykie na die diere wat in die gebied voorkom. Daar word geleenthede van tyd tot tyd gereël en talle sakeonderneming het hulself hier gevestig omdat die Vaal Meander ‘n toerisme infrastruktuur geskep het wat die area bevorder. Die Vaaldam is ‘n gewilde piekniekarea waar gesinne ‘n rustige middag van pret en ontspanning kan ervaar. Vermaak is ook geredelik beskikbaar en restourante in die gebied bied ‘n wye verskeidenheid spyskaarte. Die Vaal Meander het as ‘n toerisme inisiatief begin maar het nou reeds ‘n lewe van sy eie gekry. Om die Vaal Meander te verken is ‘n aangename ervaring waar die natuurskoon en plaaslike kunstenaars in harmonie verkeer.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.