This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Tsitsikamma Canopy Toere

Die Tsitsikamma Canopy Toere in Suid-Afrika sal jou op ‘n avontuur van ‘n leeftyd neem. ‘n Geheimsinnige en betowerende reis na die Tsitsikamma Woud is ‘n avontuur wat nie misgeloop moet word nie.

Die Canopy Toer word in die Tsitsikamma Woud aangebied. Die toer maak gebruik van staal kabels wat 30 meter bo die grond aan verskeie platforms vasgemaak word. Dan word gaste met harnasse aan die kabels vasgebind en gly dan van een platform na die ander. Dit is inderdaad ‘n opwindende ondervinding wat jy nooit sal vergeet nie.

Die Tsitsikamma Canopy Toer het tien platforms en tien glyplanke en die toer duur ongeveer twee en ‘n half ure. Dit is by die Stormsrivier Dorpie geleë, ongeveer 45 minute van Plettenberg-baai af en een en ‘n half ure vanaf Port-Elizabeth. Moenie jouself teveel bekommer dat jy miskien nie die maag het vir die rit nie. Aan die begin van die Tsitsikamma Canopy Toer sal jy deeglik deur die personeel alles verduidelik word, presies wat jy moet en nie moet doen nie. Jy sal goed voorberei word vir elke deel van die toer. En om jou gerus te stel, sal jy ook met veiligheidstoerusting voorsien word om jou toer verder te beveilig. Nadat jy heeltemal gemaklik voel met die informasie en toerusting, sal jy na die eerste platform geneem word waar jou avontuur begin. So maak gereed en geniet elke oomblik.

Die Tsitsikamma Woud groei om die reusagtige Outeniqua Berg. Met die Canopy Toere kan jy die buitelig geniet met ure se pret en die plesier om van boom to boom deur die Tsitsikamma woud, rond te gly. Op die rotswand wat uitkyk op die Magaliesberge, sal jy asemrowende uitsigte sien.

Ervare toergidse sal die heeltyd by wees om jou meer te vertel van die omliggende area en om al die belangrike besigtigings aan jou uit te wys in hierdie merkwaardige omgewing. Die Tsitsikamma Woude is bekend vir die Knysna Loerie en sy helder rooi vere. Maak dus seker om uit te kyk vir hierdie pragtige voëls.

Die Tsitsikamma Canopy Toere vertrek elke half uur, vanaf 6:30 vm tot 16:30 nm in die somer en vanaf 7:00 vm tot 15:00 nm in die winter, en die toere gaan voort in alle weersomstandighede. Tsitsikamma is ‘n wonderlike ervaring vir die hele familie. Dit is definitief een van die beste avontuur bestemmings vir besoekers.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.