This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Tree Terug deur die Blaaie van die Geskiedenis by Thulamela

Die Kruger Nasionale Park is een van Suid-Afrika se gewildste toeriste aantreklikhede en lok besoekers van oor die wêreld. Die besoekers is gewoonlik ingestel op die diere wat daar in oorvloed is en word selde teleur gestel. ‘n Ander, minder bekende, aantrekkingskrag is die argeologiese opgrawings by Thulamela, ‘n koninklike stat op die plato ‘n paar kilometer wes van Pafuri in die noordelike deel van die park en wat beskou word as een van die vernaamste argeologiese vondse in Suid-Afrika.

Na die ontdekking van die plek in 1993 is die ruïnes versigtig uitgegrawe en gerestoureer en is in September 1996 as ‘n opelug museum aan die publiek bekendgestel. Daar is bewyse dat Thulamela ‘n goedgeorganiseerde bergvesting was wat deur ‘n koning geregeer is. Die klipruïnes van hierdie koninklike vesting dateer terug na ‘n periode tussen die 15de en 17de eeu. Daar word geglo dat die mense wat hierdie vesting opgerig van Groot Zimbabwe gemigreer het. Daar word bereken dat die koninklike binneplaas van Thulamela meer as ‘n duisend mense kon huisves. Die heuwels buite die stat is besaai met ruïnes van blyplekke wat daarop dui dat meer as twee duisend mense in die gebied gewoon het. Onlangse opgrawings het die grafte van ‘n Afrika koning en koningin opgelewer en dit word aanvaar dat hulle oor die gebied in die 16de eeu geregeer het. Beide liggame is met goud bedek as ‘n aanduiding van hul koninklike status. Die opgrawingspan het hulle Koning Ingwe, wat luiperd beteken, en Koningin Losha, wat ‘n posisie van respek aandui, genoem.

Artefakte wat opgegrawe is, dui daarop dat die bewoners van Thulamela bedrewe goudsmede was wat goud en ivoor gebruik het om mee handel te dryf met handelaars noord van die Limpoporivier in die gebied wat nou Mosambiek is. Porselein uit die Sjinese Ming Dinastie, yster voorwerpe, ingevoerde tekstiele en ‘n verskeidenheid goud, brons en ander metaal voorwerpe wat goue krale en gouddraad insluit, is gevind.

Besoekers aan die Kruger Nasionale Park sal ‘n besoek aan Thulamela geniet. Dit geskied op ‘n daaglikse basis in die oggend en weer in die namiddag. Deur hierdie opgrawings te verken, sal insig verkry word in een van die aspekte van die komplekse geskiedenis wat Suid-Afrika help vorm het.

User Comments & Reviews

Marlenke
2010-02-24 15:32:12

Dit is baie interisant.

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.