This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Suid-Afrika se verontregte erdvark

Suid-Afrika se erdvark (Orycteropus afer) is ‘n ongewone spesie, bekend vir sy grawe van tonnels en dieet van termiete. Die naam erdvark (Eng. Aardvark dus earth pig) het sy naam ontleen aan die ou vorm van Afrikaans (erd = aard). Sy voorkoms wat ietwat aan ‘n vark herinner is egter misleidend want dit is nie familie van die vark nie, trouens, die erdvark behoort aan sy eie familie Orycteropodae van die genus Tubulidentata. Vervolgens meer oor hierdie dier van Afrika.

Betreffende sy voorkoms is die erdvark uniek en word maklik aan sy varkagtige snoet herken asook aan sy breë lyf en pypagtige lang ore en die lang gespierde stert en daarmee saam ook nog sy dik sterk bene met naels wat soos graaflemme gevorm is. Die erdvark het yl hare oor ‘n grysgeel vel wat ideaal is vir kamoeflering. Laer af op die lyf word die hare donkerder. Die kleur van die hare verskil dikwels om ooreen te stem met die kleur van die grond in die betrokke omgewing. Die erdvark se rug toon ‘n kenmerkende ronding of boggel. As lid van die Tubilendentata het die erdvark ongewone tande. Die tande beskik nie oor ‘n sagter binnekant nie, maar is veel eerder saamgestel uit dun pypies wat deur die tandemalje aanmekaar gehou word. Die tande slyt voortdurend weg, maar groei weer terug dwarsdeur sy lewensduur. Volwasse erdvarke het slegs maaltande (molars).

Erdvarke kom in wyd uiteenlopende plekke voor en die habitat word hoofsaaklik deur die beskikbaarheid van voedsel bepaal. In hoofsaak kom hulle in grasveld, yl bosse en struikveld voor. Hulle kom dikwels op veeplase voor waar die gras platgetrap is en hulle hul voedselbron maklik kan sien. In droë maande eet hulle miere, maar in die reënmaande is termiete hul gunsteling keuse. Termiet- en mierneste word gebreek en daarna oopgegrawe met die erdvark se sterk kloue. Nadat die kolonie miere blootgelê is word die insekte, larwes en eiers met die erdvark se taaierige tong opgetel. Ander insekspesies en selfs wilde komkommers maak soms deel van hul dieet uit.

Erdvarke is baie geheimsinnige diere. Besoekers aan Suid-Afrika se wildparke sal erdvarke slegs tydens nag besigtigingstoere te sien kry. Dié diere is asosiaal en kom slegs bymekaar uit om te paar. Vroulike diere is meer gebiedsgebonde terwyl die manlike diere meer nomadies is. ‘n Erdvark beweeg deur ‘n paar kilometers per dag op soek na kos. Wanneer hulle ‘n mier- of termietkolonie ontdek, skeur hulle die hele stuk aarde oop en verteer die nes. Dis veral hul gewoonte om gate te grawe wat die argwaan van boere opwek aangesien hulle gate in paaie en damwalle grawe.

Roofdiere wat erdvarke bedreig sluit leeus, luiperds en hiënas in, terwyl luislange dikwels die kleintjies vang. Wanneer hulle vlug voor ‘n roofdier grawe die erdvark vinnig ‘n gat en verdwyn in die grond. Hulle kan hulself verdedig met hul kloue en kan ook bollemakiesie slaan met behulp van hul sterte. Erdvarke is ‘n gewilde voedselsoort by sommige Afrika-stamme. Van die erdvark se ledemate word soms as gelukbringers gedra om siektes ens. te voorkom.

Erdvarke is werklik fassinerende diere en miskien val die geluk jou te beurt om een te sien tydens ‘n toer in Suid-Afrika.

User Comments & Reviews

Rika
2009-10-18 11:52:43

BRILJANT! Dankie tog vir die internet met al die skooltake van vandag. Baie dankie. Hou asb aan met die goeie werk.

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.