This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Suid-Afrika se fantastiese bierroete

Bier is ‘n alkoholiese drank wat bykans oral in die wêreld deur miljoene mense geniet word. Daar is uiteraard verskillende handelsmerke en tipes bier wat elkeen sy besondere smaak het en waaraan die meeste bierdrinkers besonder lojaal is. Die bierroete in Kwa-Zulu Natal bied aan reisigers die geleentheid om die brouerye te verken en kennis te maak met die kunsies van bierbrou. Die Bierroete is ontwerp om die besoeker by nege kleiner brouerye in die provinsie te laat aandoen en terselfdertyd die natuurskoon te ervaar tydens hul soektog na die volmaakte bier.

Die Bierroete begin in Durban, Suid-Afrika se toonaangewende kusoord, met die Pavillion inkopiesentrum in Westville as die eerste stop. Die Firkin Hobhouse Brouery bied vier verskillende tipes bier wat op die perseel gebrou word. Die ketels vorm deel van die kroeg se dekor en ‘n volledige toer met verduidelikings is beskikbaar.

‘n Groot brouery in die roete is die SA Brouerye (SAB) wat die derde grootste ter wêreld is. ‘n Besoek aan die Congella Brouery bied weer ‘n kykie in die maak van sorghum bier ─ die tradisionele Afrika-bier wat van koring en mielies gemaak word.

In die skilderagtige dorpie, Wartburg, wat deur Duitse setlaars gestig is vertoon die Duitser wat die eienaar van die Wartburger Brauhaus aldaar is, graag sy hotel en die bier wat hy brou. Ander brouerye op die Bierroete is die Ijuba-United National Breweries in Dundee, die Farmer’s Brewery in Hattingspruit, Zululand Brewing Company is Eshowe en die Shongweni Brewery in die Vallei van ‘n Duisend Heuwels.

Die Nottingham Road Brewing Company word beskou as een van die beste en het biere met name soos: Whistling Weasel Pale Ale, Pickled Pig Porter, Pie-eyed Possum Pilsner en Tiddly Toad Lager. Hierdie gewilde vatbiere word gemaak volgens geheime resepte en gebruik slegs suiwer fonteinwater.

‘n Deel van die Bierroete gaan deur die natuurskone Midlands Meander wat besoekers lei na asemrowende natuurskoon in die Kwa-Zulu Natal provinsie en gaan ook deur die kuns en kunsvlyt hart van die gebied. Daar is dus baie redes om die Bierroete te verken, benewens die ooglopende een ─ bier!

User Comments & Reviews

Johan
2009-12-01 09:17:02

Is dit moontelik om vir my n prys lys te stuur van die tradisionele bier ,hoe word dit verpak of gebottel,het n persoon wat dit wil bemark en verkoop n drank lesensie nodig en waar begin n mens navrae doen,be oog dit om in die weskaap te bemark en te verkoop

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.