This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

SA se nuutste aangewese Mokala Nasionale Park

Mokala is die nuutste Suid-Afrikaanse nasionale park wat deel word van die SA Nasionale Parke-groep. Hierdie 19,611 hektaar grootte park is geleë in die heuwelagtige gebied 80 kilometer suidwes van Kimberley. Kimberley Internasionaal is die naaste lughawe indien ‘n toeris daarheen wil vlieg. Vanaf die lughawe kan ‘n motor gehuur of ‘n toerbus gehaal word na die park.

Die naam Mokala beteken “kameeldoring” in Setswana en baie gepas vir die area waarin die park geleë is. Die kameeldoringboom kom algemeen voor in die droë gebiede en droë bosgebiede van Suid-Afrika. Die Mokala Nasionale Park is ‘n ideale gebied vir hierdie boomsoort. Die park se landskap wissel van oop vlaktes na klein heuweltjies, bekend as koppiesveld. Die kameeldoringbome vorm die stapelvoedsel vir die meeste van die groter diere vir die park. Dele van die park is al eeue lank gebruik deur plaaslike stamme vir tradisionele geneesmiddels vir die behandeling van verkoues, hoes en neusbloeding.

Die Mokala Nasionale Park bied ‘n reeks fasiliteite vir dag- en oornagbesoekers. Dit sluit in ‘n restourant, twee herberge, konferensie fasiliteite en ‘n private landingstrook. Elkeen van die ten volle toegeruste herberge kan dertig oornagbesoekers akkommodeer. Tien kilometer daarvandaan is ‘n kampplek met al die fasiliteite vir gerieflike kampering.

Tans fokus die parkbestuur op konferensiegroepe tot tyd en wyl meer selfsorg eenhede ontwikkel is. Aandag word veral geskenk aan skakeling en daar word ook gesorg dat die paaie in die kamp van goeie gehalte is.

Mokala Nasionale Park is ver van sy volle kapasiteit aangesien beplanning in fases steeds onderweg is. Nuwe ontwikkelings sal insluit areas vir dagbesoekers en selfsorg eenhede. Staproetes, bosbraaie, bergfietsritte en sononder ritte vir besoekers word alles in die vooruitsig gestel. Begeleide perderoetes, dokumentêre vertonings oor wildlewe, sterrekyk, en Boesman-rotskuns toere word verder in die vooruitsig gestel.

Die Mokala Nasionale Park het tans 863 diere wat insluit wit en swart renosters, buffels, kameelperde, elande, sebras, blou en swart wildebeeste, koedoes, steenbokke, duikers, gemsbokke, baster gemsbokke (roan antelope), baster hartbeeste (tsessebe), berg rietbokke en volstruise. Daar is ook sewe endemiese plantspesies by Mokala.

Wanneer u in die omgewing van die Mokala Nasionale Park is, gaan gerus aan en ondersteun hierdie bewaringsentrum van Suid-Afrika.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fishs skin for you dear and near ones.