This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Opwinding wag by die Molweni Privaat Wildreservaat

Natuurliefhebbers wat dit geniet om nuwe dinge te probeer en betrokke te raak kan gerus ‘n rit na die Molweni Privaat Wildreservaat oorweeg. Hierdie besondere wildernisgebied in die Oos-Kaap bied fantastiese akkommodasie en wildlewe en bied ook die geleentheid om ’iets anders’ te probeer.

Die Oos-Kaap het reeds die reputasie vir uitsondelike malaria-vrye wildsekskursies. Die gebied beskik ook oor ‘n besondere verskeidenheid flora en fauna met pragtige landskappe. Die Molweni Privaat Wildreservaat is in die Waterkloof-vallei geleë wat ‘n gebied is met ‘n besondere historiese verband. Die 8ste Grensoorlog, ook bekend as die Oorlog van die Profeet, het hier plaasgevind tussen die Xhosas en Bitse troepe vanaf 1850 tot 1853. Vir diegene wat in geskiedenis geïnteresseerd is, is daar talle plekke van historiese belang in die omgewing. Plekke soos Mundells-krans, Fort Fordyce, Kroomie Heights, Mount Misery, Harry’s Kloof, 10th Pass, Iron Mount en Fullershoek sal bydra tot groter kennis van Suid-Afrika se geskiedenis.

Die Molweni Privaat Wildreservaat se ware aantrekkingskrag is egter die wildsbesigtigingsgeleenthede en ook die geleentheid om betrokke te raak by ‘n egte Nguni bees aanjaagsessie wat baie herinner aan die Amerikaanse ‘roundups’ en ‘cattle drives’ wat oor drie dae en vier nagte strek. Die verskil hier is egter dat jy omring is deur die ware Afrika-bos en wildlewe vir die totale duur van die dryf. Die ander aktiwiteite sluit in wildtoere, perderitte, bergfiets roetes, staproetes, voëlkyk, fotografie, rotsklim en vele meer.

Die eienaars van die Molweni Privaat Wildreservaat het moeite gedoen met die akkommodasie en dit is landelik en gerieflik. Die Amahlati tentkamp verskaf skuiling aan besoekers met ‘n gerieflike bed. ‘n Buitelug stortbad bied ‘n unieke ervaring terwyl die Thandani Centre ‘n gesellige plek is vir gesels en ‘n drankie. Besoek gerus hierdie besondere wildreservaat en ervaar ‘n nuwe avontuur.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.