This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Oprah Winfrey se Leierskap Akademie vir Meisies

‘n Groot aantal Suid-Afrikaanse meisies van minder bevoorregte agtergronde, kan uitsien na ‘n 2007 propvol hoop, geleenthede en ‘n toekoms wat opvoeding insluit. Die Oprah Winfrey Leierskap Akademie is in Henley-op-Klip gebou, in Meyerton, om toekomstige Suid-Afrikaanse leiers op te voed, waar hulle voorheen nie die geleenthede sou gehad het vir goeie opvoeding nie. Die skool het Dinsdag, 2 Januarie 2007, sy deure oopgemaak met ‘n verskeidenheid welbekende sterre en baie opgewondenheid.

Vir baie jare het Oprah Winfrey gedroom van ‘n inrigting wat ‘n skool sal wees van hoë standaarde, wat spesifiek die noodsaak van meisies in Suid-Afrika sal addresseer, wat van arm huishoudelike agtergronde af kom. Die Oprah Winfrey Leierskap Akademie vir Meisies is onder die bestuur van die Oprah Winfrey Leierskap Akademie Stigting. Die Akademie in Meyerton het net die beste fasiliteite beskikbaar wat verblyf, ‘n eetkamer, ‘n gesondheid sentrum, gimnasium, biblioteek en teater insluit en nog baie meer.

Akademies vaardige meisies wat die skool bywoon, sal gehelp word om hulle potensiaal in intelligensie, leierskap en sosiale eienskappe the bereik. Daar is 152 meisies wat versigtig gekies is om die Akademie in 2007 by te woon. Die groep sal in graad 7 en in graad 8 begin. In die jare wat voorlê, beoog die Akademie om 450 minder bevoorregte meisies met 'n uitstekende gehalte opvoeding te voorsien. Onderwysers en administrateurs van Suid-Afrika is noukeuring gekies om by hulle streng standaarde in te pas. Die skool kurrikulum van die Leierskap Akademie sluit vakke soos wiskunde, tale, sosiale wetenskappe, natuur wetenskap, kuns, kultuur en lewens onderrig in. Uitgestrek oor al die aspekte van die skool is die tema van leierskap ontwikkeling.

Oprah Winfrey het hoë prys ontvang van Suid-Afrika se voormalige president en welbekende, Nelson Mandela. Hy het gesê dat Oprah nie net 'n paar jong mense se lewens raak nie, maar die toekoms van die land. Hy het ook gemerk dat Suid-Afrika diep verskuldig is aan Oprah se inspanning.

Die opening van die Oprah Winfrey Leierskap Akademie in Suid-Afrika, was bygewoon deur 'n groot aantal sterre. Tussen hulle was Mary J Blige, Babyface, Tina Turner, Mariah Carey, Sydney Poitier en Chris Rock. Tesame met die Hollywood sterre, was daar ook die bywoning deur Wangami Matai en Dr Andrew Young, Suid-Afrika se voormalige VSA ambassadeur. Almal wat die opening bygewoon het, het die geleentheid vreeslik geniet, asook 'n fantastiese opvoering deur India Arie. Die Oprah Winfrey Leierskap Akademie is gestel daarop om die nasie met nuwe, opgevoede leiers te voorsien, wat net voordelig vir Suid-Afrika kan wees.

User Comments & Reviews

HENDRY MULLER
2010-08-26 09:32:19

Dear Sir/Madam Greetings to you and family at home. I want know more about the academy for girls.

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.