This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Op reis deur Suid-Afrika met ‘n Harley-Davidson

Suid-Afrika is ‘n land met asemrowende natuurskoon en skrille kontraste. Besoekers van oral uit die wêreld geniet die veel-fassettige aantreklikhede van ons sonnige land. Van besige stede tot rustige plattelandse gemeenskappe en van die eindelose Karoo tot die berglandskap van die Tuinroete is maar enkele van die kontraste wat die toeris aanlok. Harley-Davidson toere word toenemend gewild vir motorfiets entoesiaste wat Suid-Afrika wil verken.

Talle toeriste begin hul verkenningstog met Kaapstad as tuisbasis vanwaar talle eendag ritte in die onmiddellike omgewing uitgevoer kan word. Behalwe dat dit die besoeker in staat stel om van die mees skouspelagtige tonele te beleef bied hierdie korter ritte die motorfietsryer die geleentheid om gewoond te word aan die motorfiets en aan Suid-Afrikaanse padtoestande en rygewoontes ─ veral om ook gewoond te raak om links te hou.

‘n Harley-Davidson toer in die indrukwekkende Kaapse Skiereiland sal ryers langs die kuslyn neem verby Clifton, Kampsbaai en Houtbaai ─ algemeen beskou as die speelterrein van die rykes en die beroemdes. ‘n Rit na Kaappunt waar die Indiese en die Atlantiese Oseane mekaar ontmoet deurkruis berge wat ‘n uitsig bied op asemrowende berg- en seetonele. Deur die Kaappunt Natuurreservaat volg die roete die pad deur Simonstad waar die Suid-Afrikaanse Vloot sy tuiste het en waar daar ook ‘n groot kolonie Afrika-pikkewyne hul tuiste het by Boulderstrand. Tydens die Walvisseisoen is dit ‘n algemene gesig om hierdie reusagtige diere in die branding te sien baljaar. Die roete terug gaan deur die Ou Kaapse Weg-pas met die digte woude by Tokai en Constantia en dalk is daar genoeg tyd om ook nog die Kirstenbosch Botaniese Tuine te besoek!

Roetes na die binneland lei na die Kaapse wingerde en kelders wat gereeld internasionale pryse verower met hul Kaapse wyne. Die strate van die 17de eeuse stad Stellenbosch met sy eikeboomlanings is op die roete met ook sy bekende universiteit wat tydelike tuiste bied aan duisende studente. Die roete lei ook na Franschhoek wat ook na die 17de eeu terugdateer en wat ‘n tuiste gebied het aan die Franse Hugenote. Die dorp is welbekend vir sy wyn en kaas nywerhede. Die roete terug gaan verby die Theewaterskloof dam, Hottentots Holland Natuurreservaat, Viljoenspas en eindelik deur die indrukwekkende Sir Lowreyspas met sy onvergeetlike uitsig op die omgewing.

Daar is talle eendag, tweedag en langer Harley-Davidson toere wat motorfietsryers in die groot land met sy kontraste kan geniet. Met so baie mooi en interessante plekke om te sien, is die enigste probleem om soms te kies tussen die vele bestemmings. Waar besoekers ook al verkies om te gaan, kan hulle verseker wees dat ‘n Harley-Davidson toer opwinding tot die ervaring sal toevoeg.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.