This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Ontdek die Paradys by Zinkwazi

Om ‘n stukkie paradys aan die Noordkus van Natal te beleef, is ‘n besoek aan Zinkwazi ‘n moet. Slegs 80 km noord van Durban aan die mond van die Zinkwazirivier is een van die oudste, tog mooiste, vakansieoorde in Natal te vind. Zinkwazi is ‘n Zoeloenaam wat “plek van die visarend” beteken en doen ten volle gestand aan die naam en is tuiste vir ‘n wye verskeidenheid voëllewe en veral vir die majestueuse visarend wat tuis is in hierdie subtropiese paradys.

Die 7 km lange strandmeer is slegs vir kort periodes, gedurende die reënseisoen, vanaf die see bereikbaar. Gevolglik lok dit die ongelooflike verskeidenheid pragtige voëls om hulle neste in die perfekte inheemse plantegroei te maak. Meer as 250 voëlsoorte is reeds geregistreer: variasies van die visvangers, persbors-loeries en die pragtige Natalse Jan Frederik wat die visarend se roep perfek namaak.

Ander aktiwiteite wat besoekers aan kan meedoen, behalwe voëlkyk, is om met die veerboot in die rivier stroomop te vaar; gholf te speel op verskeie gholfbane, en natuurlik die ongelooflike staproetes te ontdek. Pedaalbote en kano’s is ook beskikbaar vir die wat die lagune wil ontdek. Die uitgestrekte wit sandduine en pragtige strande is ‘n absolute moet vir diegene wat graag stap, wil sonbruin of wil vlugbal speel.

Zoeloeland se indrukwekkende wildtuine en geskiedkundige gedenkwaardighede is maklik bereikbaar. So ook is Durban, die metropolitaanse stad, slegs ‘n uur per motor weg van hierdie ongelooflike vakansieoord.

Besoekers aan Zinkwazi kan gerieflik naby die natuurskoon wees, terwyl hulle `n stap deur die sub-tropiese woud geniet, omring deur die gesing van die verskeie voëls of al langs die palmboom-digte strand van die meer met die geruis van die Indiese Oseaan in die agtergrond - basies a klein stukkie paradys.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fishs skin for you dear and near ones.