This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Nasionale Vrouedag - 9 Augustus

Elke jaar op 9 Augustus vier Suid-Afrikaners met uiteenlopende kulture en rasse Nasionale Vrouedag. Hierdie jaarlikse openbare vakansiedag roep die datum 9 Augustus 1956 in herinnering.

Op dié dag in 1956 het ‘n groot groep vroue ‘n veldtog begin om ‘n einde te bring aan die paswette wat deur die destydse regering afgedwing is. In kort het die paswette beteken dat alle swart mense ‘n spesiale identiteitsdokument of “pas” moes dra wat hulle moes toon om te bewys dat hulle wettig ‘n bepaalde gebied, wat vir blankes geoormerk was, kon binnegaan. Dit was een van die hoofwette van die apartheidsregering en het die vryheid van beweging van swart mense ernstig aan bande gelê.

Die veldtog het begin toe ongeveer 20 000 vroue in Pretoria na die Uniegebou te voet opgetrek het om beswaar te maak teen bepaalde voorgestelde wetswysigings rakende die paswette as onderdeel van die Stedelike Groepsgebiede Wet van 1950. Hierdie opmars is gelei deur Sophia Williams-De Bruyn (tans lid van die Provinsiale Wetgewer van Gauteng); Lilian Ngoyi (Strijdom-plein is ter ere van haar na Lilian Ngoyi Square herdoop tydens die 2006 Vrouedagvierings); Rahima Moosa en Helen Joseph (‘n boorling van Engeland en ‘n ernstige anti-apartheidsaktivis). ’n Petisie met meer as 100 000 handtekeninge is aan die Eerste Minister, J G Strijdom, oorhandig. Na die oorhandiging het die groep vir 30 minute in stilte buite die gebou gestaan waarna hulle ‘n lied begin sing het. Die woorde (vertaal) was”Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy aan ‘n rots geslaan.” Die woorde het die durf en krag van hierdie vroue uitgedra.

Nasionale Vrouedag vieringe is sedert 1994 ingestel en vind nou jaarliks plaas. Die 50ste herdenking van hierdie gebeurtenis was in 2006 en het as hoofkenmerk gehad ‘n nabootsing van die historiese mars met talle lede van die oorspronklike mars weer teenwoordig. Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika word hoog geag en dien as ‘n herinnering aan die groot bydraes van vroue in Suid-Afrika en is terselfdertyd ‘n geleentheid om opnuut te besin oor die regte van vroue.

User Comments & Reviews

Veronica Stoltz
2010-07-13 14:37:17

Ek het 'n venue in Pretoria (Kameeldrif-Oos) en benodig 'n persoon om vir my 'n praatjie te kom lewer op vrouedag, indien iemand my kan help om met so persoon in verbinding te tree sal ek dit baie waardeer.

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fishs skin for you dear and near ones.