This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

‘n Veelheid van aktiwiteite te Magaliespark

Indien u soek na ‘n nuwe plek om tyd met die gesin deur te bring en terselfdertyd omring te wees met natuurskoon en rustigheid is Magaliespark die plek. Hierdie uitsoek bestemming is geleë aan die voet van die Magaliesberg en kombineer natuurskoon met uitmuntende vermaak en akkommodasie.

Magaliespark en Buiteklub is in ‘n verklaarde voëlpark wat geleë aan die kant van die Hartebeespoortdam. Die plek word tans aanvaar as een van Suid-Afrika se premier Tyddeel en Gholflandgoedere en is ‘n volmaakte plek vir ‘n gesinsvakansie. Die park bied talle aktiwiteite aan. Daar is tennisbane, insluitende tennisbane vir kleuters, asook aksiebelaaide muurbal. Daar is drie swembaddens waarvan een verhit word asook ‘n plonsbad en babapoele. Die nabygeleë rivier bied trapbote roeibote en kano’s. Rivierritte bied ook ‘n aangename wyse om die dag mee af te sluit. Poeltafels bied verdere ontspanning en mini-gholf is ideale gesinsvermaak. Vlugbal, veerpyltjies, lewensgrootte skaak, bergfietsritte, draf en voëlkyk is verdere aktiwiteite. Kinders word onder toesig vermaak terwyl daar ook ‘n speelterrein is vir ouers wat self tyd met hul kleuters wil deurbring. Daar is gesinsuitstappies met wandelroetes orals rondom die die hutte en daar word ook georganiseerde sport aangebied.

Gholfspelers sal ‘n gholfbaan wat deur die SAGU gegradeer is as ‘n kampioenskapsbaan geniet. Die baan is ontwerp deur Louwtjie van Aswegen en het ‘n baansyfer van 72 vir mans en 70 vir dames. Die uitdagende baan bied voortdurend kompeties aan en daar is ook ‘n professionele winkel met gholfuitrusting asook lesse vir beginners. Na ‘n dag op die setperke is daar orals versnaperinge by die Barn Owl Halfway House. Die Loeries Flight wegneemetes en die Albatros Halfway House. Benut gerus hierdie uitmuntende vakansieoord en besoek Magaliespark vir jou volgende vakansie.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.