This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

‘n Rustige besoek aan die Margaret Roberts Kruiesentrum

Die Margaret Roberts Kruiesentrum is geleë teen een van die noordelike hange van die pragtige Magaliesbergreeks, in die Hartebeespoort-omgewing in die Noordwes Provinsie. Hierdie gerespekteerde kruiedokter se naam is op ‘n wye reeks produkte dwarsoor die land ─ van skoonheidsmiddels tot kos, ‘n wye reeks kruieprodukte ─ beide geneeskundig en gerig op voedsel ─ en organiese insekdoders. ‘n besoek aan die Margaret Roberts Kruiesentrum is soos ‘n reis na ‘n ander wêreld, waar ‘n gevoel van welbehaaglikheid in alles ervaar word.

‘n Wandeling deur die hoof kruietuin verras besoekers met die verskeidenheid. As ‘n voorbeeld die feit dat meeste mense vertroud is met die reuk van laventel (lavender), maar nie baie mense weet dat daar dertig verskillende variasies is wat by naam geïdentifiseer is nie, en al hierdie variasies floreer in Margaret Roberts se kruietuin. Verskeie plante is deur kruisbestuiwing aangepas en die laventel seksie van die tuin is ‘n kleureprag van pers, ligpers en pienk met skoenlappers wat van plant tot plant fladder. Die kruietuin spog ook met ‘n indrukwekkende versameling van basiliekruid, roosmaryn en oregano, om maar ‘n paar van die bekendes te noem. Besoekers word ook na die res van die tuin uitgenooi wat in verskillende, tradisionele style uitgelê is en ‘n kombuistuin (kitchen garden), ‘n kosmetiek- en geuretuin en ‘n medisynetuin insluit. Daar is ook ‘n aantal kleiner tuine wat fokus op stresverligting, voëls en eetbare blomsoorte.

Die kwekery by die Margaret Roberts Kruiesentrum bied dieselfde verstommende verskeidenheid kruie, raar vrugtebome, medisinale plante en rankplante aan, elkeen volledig met informasie oor alle aspekte van elke plant. Daar is die Australiese teeboom, sitronella gras, die skaars bessiedraende vlierboom (elder) en die eksotiese Margaret Roberts roos ─ dis ‘n ou Engelse roos wat na haar vernoem is as erkenning vir haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse plantkunde.

Die Margaret Roberts Kruiesentrum is slegs oop vir die publiek op Woensdae en sekere verklaarde “oop dae”. Die rede hiervoor is dat op ander dae Margaret Roberts opleidingskursusse aanbied vir mense wat hul eie kruietuine wil vestig. Daar is ook werkswinkels met die titels: “Verdien geld met kruie”, “Kook met kruie” en “Vervaardig plantolies en kosmetiekware”.

Daar is geen twyfel nie dat Margaret Roberts Kruiesentrum die plek is om te besoek om te ontkom aan die gejaagde tempo van die hedendaagse samelewing ─ selfs net vir ‘n kort rukkie. Toeriste in Suid-Afrika en Suid-Afrikaners moet doelbewus ‘n punt daarvan maak om hierdie stukkie paradys te besoek.

User Comments & Reviews

afanti-tour.com Support Team
2010-08-30 08:10:14

Thank you for visiting afanti-tour.com. As we do not represent the Marget Roberts Herbal Centre, please contact them directly. The website is found at - http://www.margaretroberts.co.za/

Reply with Quote

christine
2010-08-27 14:58:24

Goeie dag. ek is opsoek na kruie in groot maat en olies.Ek het n Natuurlike kliniek vir troetel diere en sukkel om kruie op groot maat te koop.Laar weet my tog asb.Dankie Christine

Reply with Quote

linda engelbrecht
2010-08-27 10:02:39

Ek wil net graag weet of julle more vir die publik oop gaan wees, ek wil na die Wildt skou toe gaan dankie Linda

Reply with Quote

marietjie stegmann
2010-01-01 19:08:58

Het julle Hops plante te koop of saad - en wat van die een met die geel blare? ( Somerset - Wes)

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fishs skin for you dear and near ones.