‘n Pretbelaaide naweek by die Ficksburg Kersiefees
Die skilderagtige dorpie Ficksburg is tussen die Caledonrivier en die voet van die Imperaniberg in die Vrystaat Provinsie geleë. Dis die grootste kersieproduserende streek in Suid-Afrika en Ficksburg is dikwels in die wandel as Kersiestad bekend. Die Ficksburg Kersiefees is die oudste fees wat aan ‘n landbouproduk gekoppel word en vier sy 40ste herdenking vanjaar van 15 tot 17 November.
Die feesnaweek in Ficksburg is propvol vermaak met iets vir elke lid van die gesin. Die kleintjies kan die plaaswerf besoek en het ook ‘n opvoering deur Oliie die Nar, Jollie die Aap en Lulu die Rot. Daar is ook ‘n rolbaltoernooi, gholf kampioenskappe, perderuiter kompetisies en vertonings. Elke dag kan toeskouers meeding in ‘n kersiepit-spuug kompetisie. Die kroning van die voorskoolse mej Kersiebloeisel en mnr Kersiepit gaan die kroning van mej Kersiefees vooraf.
Die energieke besoekers kan reeds op die Vrydag deelneem aan ‘n 23km Kersiestap wat deur die Ficksburg Maratonklub gereël word. Die dag is vol met vermaak soos perde-items, gholf, feestoere, ‘n biertuin, ‘n vertoning van die wêreld se grootse Friesperde asook fietstoertjies deur Dylan Victor (SA se veldfietskampioen). Die aand se vermaak begin met ‘n aanbieding deur die Idol’s finalis Poseletso en dit word gevolg deur Karlien Hurselman, die Bala Broers en die Suid-Afrikaanse orkes, Eden.
Op die Sondag is daar die Kersie Pretdraf, die Kersie Veldfiets Uitdaag en ‘n tentoonstelling van kersieprodukte wat kersiemampoer insluit. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se honde en berede vertoning is altyd gewild en daar is ook nog ‘n agt-span Friesperd vertoning. Die aand se vermaak word verskaf deur die Soweto Strykkwartet, Poseletso, Chereè en Robbie Wessels.
Die idee van ‘n kersiefees kom van 1967 toe ‘n groep jong manne ‘n tak van die internasionale leierskap organisasie, Jacee International, te Ficksburg gestig het en na ‘n projek gesoek het om hulle deur diens aan die gemeenskap bekend te stel. Iets rondom kersies was amper vanselfsprekend en die Jaycees het besluit op ‘n fees om die kersiebedryf en die dorp te bevoordeel. Met ‘n nederige begin het die Kersie Karnaval (soos dit bekend gestaan het) bestaan uit ‘n filmvertoning en verkiesing van ‘n kersiekoningin. Die volgende dag was daar ‘n optog van trompoppies deur die dorp se strate asook ‘n versierde vlot waarop die kersiekoningin gepronk het. Die aand was daar ‘n kersiebal. Tans word die kersiefees bedryf deur ‘n komitee van vrywilligers wat deur die gemeenskap verkies word.
Dis duidelik hoekom die Ficksburg Kersiefees jaarliks toeneem in gewildheid aangesien die vermaak jaarliks net beter word. Waar jy ook al in Suid-Afrika is, maak ‘n plan en besoek die 40ste Ficksburg Kersiefees van 15 tot 17 November 2007 vir ‘n groot klomp pret.



Algeria
Bangladesh
Ecuador
Morocco
Nepal
Nicaragua
Puerto Rico
Russia
Scotland
Ukraine
Virtual Countries
User Comments & Reviews
2010-10-01 08:23:13
Reply with Quote
2010-09-30 07:23:11
Ons is opsoek na kamp geriewe vir die fees. Is daar enige? Wie kan ons kontak? BAIE DANKIE!
Reply with Quote
2010-08-27 07:51:53
Reply with Quote
2010-08-25 16:17:32
Good Day, can someone please help me with contact details of the orginisers icw a stall. Thanks
Reply with Quote
2010-05-13 06:25:14
wanner vind die Kersiefees plaas vir 2010?
Reply with Quote
2010-04-19 14:41:47
Watter datum is die kersiefees hierdie jaar, 2010? Groete
Reply with Quote
2009-11-12 08:29:37
Ons soek meer inligting en 'n "race flyer" vir die kersiewedren oor 23km's?? Groete en dankie Biggarsberg Atletiek Klub Dundee
Reply with Quote
2009-09-22 06:26:31
Besoek asb www.cherryfestival.co.za vir al die besonderhede oor die Ficksburg Kersiefees - geniet dit!
Reply with Quote
2009-09-19 13:18:58
Wil graag weet hoe laat begin die 23 km (stap en hardloop) en hoe ver en hoe laat is die pretdraf Sondag
Reply with Quote
2009-09-01 10:02:41
Ons wil graag 'n statetjie bespreek. Ons verkoop Amarula, Arbei, Chocolate en Peppermint iquer ysies. 082 414 8298
Reply with Quote
Leave a comment: