This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Mostertmeul ─ ‘n Lewende Erfenisterrein

Suid-Afrika het ‘n aantal interessante oorblyfsels wat na die koloniale tydperk in die land se geskiedenis terugdateer. Een hiervan is die Mostertmeul in Kaapstad. Die Mostertmeul is bekend as een van die oudste en bes-bewaarde wildmeulens in Suid-Afrika en lok jaarliks baie besoekers.

Suid-Afrika se koloniale geskiedenis dateer terug na die tydperk toe die Nederlands Oos-Indiese Kompanie, een van die mees invloedryke handelsmaatskappye in die sewentiende eeu, ‘n nedersetting by die Kaap begin het. Vir ‘n lang tyd was die vinnigste seeroete na die Ooste om Kaappunt. Dit was egter ‘n besonder lang en gevaarlike seereis en matrose aan boord van die handelskepe was voortdurend op soek na vars voorrade. Gevolglik is ‘n verversingspos gestig aan die suidpunt van Afrika. Een van die behoeftes wat hieruit voortgevloei het, was meulens vir die maal van graan. Aanvanklik is slegs meulens onder beheer van Nederlands Oos-Indiese Kompanie toegelaat, maar in hul strewe na onafhanklikheid het die Boere na die verowering van die Kaap deur Engeland in 1795 ‘n stap in hierdie rigting kon neem. Na wat vasgestel kon word, was die Mostertmeul in 1796 gebou en was vermoedelik die eerste meul in privaatbesit in die land.

Die meul is gebou op die plaas Welgelegen wat aan Gysbert van Renen behoort het. Na Van Renen se dood het sy skoonseun, Sybrand Mostert, die meul sy huidige naam gegee. Die eerste restourasie van die meul was in 1935 en, ten spyte van tydelike verwaarlosing, is dit tans in ‘n goeie werkende toestand. Dit word ingesluit as deel van die land se lewende erfnis en hoewel besoekers die meul slegs in werking kan sien onder toesig van spesialis vrywilligers, kan hulle altyd meel daar koop wat deur die meul gemaal is. Mostertmeul is geleë op die M3 naby die Universiteit van Kaapstad en is maklik bereikbaar. Toegang is egter slegs beskikbaar met ‘n vooraf afspraak.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.