Lugballon Safaris in Suid Afrika
Terwyl jy rustig deur die lug sweef kyk jy oor die rand van die mandjie en sien die pragtige lande, valleie en riviere onder jou. Dit is die wonderlike lugballon safaris in Suid Afrika. Daar is nie n beter manier om die Suid Afrikaanse landskap te leer ken nie. Lugballon safaris in Suid Afrika bied die besoeker n unieke avontuur, en die vryheid om op die vlerke van die wind te seil. Terwyl lugballonne in die verlede n vorm van vervoer was, het die lugballon safaris 'n populêre aktiviteit onder toeriste geword.
Lugballonne was in 1969 in Suid Afrika gevestig en was eers gebruik vir verkenning deur die militere troepe. Die Aero Club van Suid Afrika het in 1972 sy lugballon afdeling gestig. In 1976 het sestien lugballon loodse in die Internasionale Ballon Resies deel geneem wat in Johannesburg begin het en in Durban klaar gemaak het. Dit is ook die jaar wat die popuariteit van lugballonne, in Suid Afrika toegeneem het.
Jou lugballon safari gaan jou definitief vroeg uit die kooi uit kry, omrede meeste lugballon ritte voor sonop begin. Nadat jy by die vertrek punt aangekom het, sal jy toegelaat word om te help met die lugballon se aan mekaar sit, en jy sal n volledige les kry in die verskeie dele en hoe hulle werk. Binne kort sal jy jouself stadig voel opstyg tot tussen tien en twintig meter bo die grond. Die ballon sal jou stadig deur die lug vervoer en vir die volgnde uur sal jy stom geslaan wees deur die fantastiese uitsigte wat stadig lewendig word met die warm dansende strale van die son opkoms. Lugballon reise is n aktiviteit wat die hele familie kan ervaar en geniet. Die gevoel van rus en vrede en die mooiste uitsigte is die onkoste werd. Meeste lugballon instellings bedien reisigers met n smaaklike sjampanje onbyt nadat hulle geland het, die ideale manier om jou avontuur die eindig.
Daar is n paar punte om aan te dink voordat jy op so n ondervinding besluit. Lugballon reise is afhanklik van die weer, en mis, reen en sterk winde is te gevaarlik vir die lugballonne. Dit is vir hierdie rede dat lugballonne voor sonsopkoms opstyg. Gemaklike klere en praktiese skoene word ook aan geraai, en 'n sonbril en hoet is ook nie n slegte idee nie. Onthou ook die kamera, want so n ondervinding moet aan ander gewys word. Bespreekings vir jou Suid Afrikaanse Lugballon ervaring moet om en by twee weke vooruit gedoen word, om rede die aktiviteit so populer is en spasie is min. Jou bespreeking sal n paar dae voor jou vlug, met jou bevestig word, as die weer saam speel.
Daar is heel wat plekke wat lugballon reise aanbied deur Suid Afrika. Die populerste plekke sluit die Kaapse Wynlande, Magaliesberg, Drakensberg, Natal Midlands, Oudtshoorn, Hoedspruit, Sabie en Hazy View in.
Drakensberg/KwaZulu Natal Midlands Lugballon reise in hierdie area word deur Airborne Adventures aangebied. Die maatskappy het menigde opstyg punte vanwaar jy die Midlands, Kamberg Vallei en die nabye Giants Castle kan sien. Vlugte deur ongeveer n uur, waarna ontbyt voorberei sal word, en n glasie sjampanje geniet kan word.
Kaapse Wynlande Ontdek die asemrownede Boland, net n uur buite Kaapstad. Lugballon vlugte styg oor die mooie Berg Rivier Vallei op, waarna jy rustig oor die wynland, orgidees en aaneenlopende velde sal sweef. Die wind sal jou veilig op jou stil reis dra, waarna jy na die Grande Roche Hotel geneem sal word vir n heerlike ontbyt.
Hartebeespoort Dam – Gauteng Hierdie pragtige land bied van die beste weer vir lugballon vlugte. Terwyl jy stilweg oor die land sweef, sal jou oê vermaak word met vonkelende damme en van die mooiste valleie. Drink rustig aan jou glasie sjampanje, terwyl die uitsig om jou waardeer. Bill Harrop offer hierdie wonderlike ondervinding aan duisende belangstellendes elke jaar, en die avntuur sal ewige, en onvergeetlike herinneringe by jou los.
Pilansberg Natuur Reservaat Kom ervaar die nuutse manier om die wilds lewe te ervaar. Daagliks, voor sonop, vertrek besoekers in lugballonne om die natuur vanuit n voel se oogpunt, te besigtig. Na hierdie ongelooflike natuur ervaring kan jy terug aarde toe kom vir sjampanje en n vol onbyt, terwyl jy en jou vriende of familie julle avontuur bespreek. Verbeel jouself die ondervinding om stilletjies oor 'n olifant re rug of verby 'n slapende familie leeus te glip.
Lugballon safari’s in Suid Afrika is inderdaad n ongelooflike ervaring, en aanbeveel aan almal.



Algeria
Bangladesh
Ecuador
Morocco
Nepal
Nicaragua
Puerto Rico
Russia
Scotland
Ukraine
Virtual Countries
User Comments & Reviews
2010-12-29 12:13:50
kan iemand by kontak ivm met die koste vir n lugballon trip in die kaap en wat die koste sal wees.ek werk vir radio houtstok 91.3fm en soek asb meer info daar om trent groete\chris
Reply with Quote
2010-12-28 09:43:33
ek wil graag n rit op die lugballon he,net vir n dag,woon in pretoria,wat kos so n rit per persoon dankie
Reply with Quote
2010-11-03 06:54:53
Ek is op soek na 'n lug balon rit vir my seun en sy verloofde(sal vra gedurende die vlug). Dit is so duur help asseblief ? Ons is in Pretoria area. Die datum is oop en enige tyd sal pas.
Reply with Quote
2010-10-31 14:51:29
Goeiedag! Ek wil graag meer inligting he omtrent die pryse vir lugballonritte in Oudtshoorn. Dankie baie.
Reply with Quote
2010-10-11 08:33:35
Goeie dag, Ek wil graag 'n kwotasie ontvang vir 'n lugballon vlug vir twee vir die 27ste November 2010. Groete Janett Beukes
Reply with Quote
2010-08-20 07:51:30
Please refer to the afanti-tour.com Business Directory for Tour Operators who may be able to assist you with your enquiry.
Reply with Quote
2010-08-19 12:20:01
Hi daar, ek beplan 'n lugballon rit by Hartebeespoortdam vir 24 November 2010 met 'n sjampanje ontbyt vir 2. Kan julle my asb kwoteer?
Reply with Quote
2010-07-14 13:45:55
Ons wil graag in Bonnievale naby Robertson in die Kaap gedurende die Wacky Wine Weekend die 4de Junie 2011 'n lug ballon gebruik vir die besoekers - vir wie kan ons kontak?
Reply with Quote
2010-07-10 18:42:52
Ons beplan vir my pa se 60ste verjaarsdag iets. Wil graag vir hom op `n lug ballon rit as verrassing gee. In die Kaapse Wynland. Vir wie kan ons kontak oor die geleentheid.
Reply with Quote
2010-06-21 10:00:26
Hi Louisa, Please refer to the tour operators in our Business Listings. You can use the "Contact Us" option to send an email directly to the tour operator of your choice.
Reply with Quote
Leave a comment: