This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Kry jou kaartjie vir My Coke Fest 2008

Die My Coke Fest 2007 was ‘n musiekfees met legendariese musikante en ‘n reuse sukses. Duisende gillende ondersteuners het die stadions gevul om orkeste soos The Parlotones, Taxi Violence, The Sprinbok Nude Girls, Evolver, 3 Doors Down en Hoobastank aan te hoor. Vanjaar is die lys vir My Coke Fest 2008 net so indrukwekkend as die vorige jaar en ondersteuners is reeds besig om hul kaartjies aan te skaf om nie hul gunsteling orkeste en kunstenaars mis te loop nie.

Die eerste My Coke Fest 2008 vanjaar is in Johannesburg by die New Market Resiesbaan op 21 Maart 2008 as deel van ‘n twee-konsert fees. Hierdie uitstaande musiek skouspel word na Suid-Afrika deur Coca Cola, Big Concerts en 5FM gebring. Die organiseerders het gesorg vir ‘n sterbelaaide konsert wat tien van die gewildste plaaslike en oorsese kunstenaars insluit. Die konsert word op 24 Maart by die Kenilworth Resiesbaan in Kaapstad herhaal.

Die opwindende twaalf uur lange program sluit orkeste in soos Kaiser Chiefs, Chris Cornell, Good Mars, KORN, Prime Circle en Muse. 5FM het onlangs aangekondig dat die patinum-status 30 Seconds to Mars groep ook sal optree, wat natuurlik die verwagte opwinding veroorsaak het. Die organiseerders het moeite gedoen om te verseker dat die My Coke Fest wêreldklas kunstenaars het en dat vanjaar se musiekfees aan almal se verwagtinge sal voldoen.

In beide gevalle open die hekke om 10:00 en die konsert begin om 12:00. Kaartjies is verkrygbaar deur Computicket en pryse wissel tussen R600 en R330 per persoon.

Dit word verwag dat beide Johannesburg en Kaapstad in Maart wakker geskud sal word na mate My Coke Fest 2008 aan die beweeg kom. Dit word beloof om die musiekskouspel van ‘n leeftyd te wees en sal die toonvenster wees vir die talentvolste kunstenaars van ons tyd. Die ‘groot name’ se deelname is reeds bevestig en daarom word ‘n stormloop vir kaartjies verwag.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.