This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Kaapstad Wêreld-filmfees

Die Kaapstadse wêreld filmfees se gasheer is ‘n organisasie met die naam Sithengi. Hierdie organisasie is in 1995 gestig en, gesetel te Kaapstad, het ten doel om die Afrika filmindustrie te ondersteun en te bevorder. Ten einde plaaslik vervaardigde produksies blootstelling te gee en ook om ‘n bewusmaking van talent in Afrika te bevorder, reël Sithengi Organization for Film and Television twee gebeurtenisse jaarliks, naamlik die sogenaamde Cape Town World Cinema Festival en die Sithengi Film en Television Market.

Die program vir die eersgenoemde gebeurtenis is nie slegs ‘n toonvenster van Afrika-films nie, maar sluit ook internasionale produksies in. In die verlede het gehore die geleentheid gekry om ongeveer 130 verskillende films te kon sien van nie minder nie as vyf en twintig lande. Dokumentêre en kort films kry ook aandag. Verskeie persele dwarsoor die stad word gebruik en sluit in Mitchell’s Plein, V & A Waterfront, Joseph Stone teater, Cinemax, Emarike sentrum, Guguletu en die Cinema Nouveau. Vanjaar word dit weer verwag dat gehore en afgevaardigdes van oor die wêreld in Kaapstad sal saamtrek.

Benewens die filmvertonings is daar ook ander belangwekkende geleenthede rondom die gebeurtenis: ‘n hoë profiel openingseremonie; ‘n groot verskeidenheid films; werkswinkels; ‘n kinder-aanbieding en ook ‘n besondere gala toekenningsgeleentheid. Dit is veral die toekenningsaand waarna die feesgangers die meeste uitsien aangesien dit daar bekend sal word watter akteur of film die beoordelaars beïndruk het. Die toekennings val in die volgende kategorieë: die Signis Jurie-prys; die Nuweling-toekenning; die Lionel Ngakane-toekenning en ook toekennings vir die beste kort film, beste dokumentêre film, beste skrywer, beste aktrise, beste akteur, beste regisseur, beste Afrika-speelfilm en beste speelfilm.

Die Sithengi-film en –televisie mark vind terselfdertyd plaas en trek gevolglik baie verspreiders, uitsaaiers, verteenwoordigers, verkoopagente en produksiehuise. Die filmfees in Kaapstad het as verdere oogmerk die kweek van begrip van die publiek vir die Afrika-filmindustrie en ook om ‘n filmkultuur te ontwikkel waarop bewoners van Afrika in die toekoms op trots kan wees.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.