This Blog is also available as an RSS Feed

Buite en Bedrywig

Johnny Clegg One Life konsert

In ‘n land waar rassisme vir baie jare onder die vorige regime ‘n feit was, het talle mense in Suid-Afrika uit hul pad gegaan om hulp aan die onderdruktes te verleen. Een van hulle was Johnny Clegg wat uitgereik het om hulp aan andere te verleen en sy musiek was geïnspireerd deur wat hy gesien het en wat hy as jeugdige ervaar het.

Jonathan (Johnny) Clegg is nie in Suid-Afrika gebore nie en miskien het juis dit hom in staat gestel om by die persepsies van die tyd verby te kyk en om die sosiale stelsel te kon uitdaag. Hy is 1953 te Lancashire in die Verenigde Koninkryk gebore en het sy vormingsjare in die VK, Israel, Rhodesië (Zimbabwe), Zambië en Suid-Afrika deurgebring.

Hierdie uiteenlopende invloede in sy jeugjare het sekerlik sy lewensuitkyk beïnvloed en as jong man het Clegg betrokke geraak met Zoeloe-straatmusiek toe hy aan Zoeloe danskompetisies deelgeneem het. Toe hy sy musiekloopbaan na sy skoolopleiding begin het, het Johnny Clegg sy musiekkursusse met kursusse in volkekunde gekombineer. Laasgenoemde het hom in staat gestel om ‘n aantal baie invloedryke mense te ontmoet van wie hy heelwat geleer het in so ‘n mate dat hy betrokke geraak het by die doseer van volkekunde.

Met verloop van tyd het Clegg begin optree met Afrika-groepe soos Juluka (die eerste veelrassige orkes van Suid-Afrika) en ook Savuka. Hy het bekend begin word vir sy vermenging van Zoeloe en Engelse lirieke asook vir sy toepassing van Afrika, Europese en Keltiese musiekstyle. Sy vroeë suksesse was te danke aan die hulp en inspirasie van ‘n vriend, vennoot en werknemer met die naam Sipho Mchunu. Staatsinmenging het verseker dat hul album geen lugtyd ontvang het nie, maar dit was nietemin ‘n onmiddellike treffer danksy mondelinge reklame.

Clegg en Mchunu het politieke aangeleenthede wat hulle gepla het openlik aangeval en gevolglik het hul musiek nie enige regeringsgoedkeuring ontvang nie. Veranderende standpunte het egter spoedig deur Suid-Afrika begin beweeg en terselfdertyd het Clegg en ander orkeslede ‘n reputasie in die buiteland begin opbou. Beide Juluka en Savuka het buitelands begin optree met oorweldigende sukses. Die “Wit Zoeloe” kom nou na Suid-Afrika toe om sy plaaslike ondersteuners te onthaal met wat belowe ‘n ware vermaaklike konsert te wees. Bespreek vroegtydig en geniet die mengsel van nuwe en ou treffers wat in persoon op die verhoog deur die “Wit Zoeloe” aangebied gaan word.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fishs skin for you dear and near ones.