This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Greyton ─ ‘n Wes-Kaapse Skat

Die skideragtige dorpie Greyton is aan die voet van die Riviersonderend-berge en is ongeveer een uur per motor vanaf Kaapstad in die Overbergstreek van die Wes-Kaap en bied aan stadsbewoners ‘n volmaakte plek weg van die stadsgewoel deur ‘n atmosfeer van vreedsaamheid en rustigheid. Greyton is ongeveer 150 jaar gelede gestig en die oorspronklike hutte, baie deur halfgeskoolde werkers opgerig, belyn steeds die strate van die dorpie en verhoog die ou-wêreld se sjarme.

Met sy boombelynde strate, kleurvolle tuine, donkiekarre en plattelandse atmosfeer het Greyton reeds talle kunstenaars geïnspireer, terwyl besoekers ‘n veelheid van aktiwiteite kan geniet. Dit sluit in voëlkyk, hengel, kanovaarte, riviervlotte, bergfietsritte en 4x4 roetes. ‘n Uitstekende manier om die omgewing te verken is te perd en daar is talle perderoetes wat wissel ‘n gelang van die ruiter se vernuf. Oop grasvelde is geskik vir beginners en meer ervare ruiters kan die kronkelende paaie oor die hewuels beproef en die uitmuntende natuurskoon aanskou.

‘n Wandeling deur die strate van die dorpie sal wys waarom die eenvoudige plattelandse leefstyl so aantreklik is. Daar is talle koffiewinkels n restourante vir tuisgemaakte verleidelikhede en daar is ook gallerye waar die talent van plaaslike kunstenaars gesien kan word. Op Saterdagoggende is plaaslike boeremark ‘n belewenis.

Die Greyton Rosefees is ‘n jaarlikse gebeurtenis en word reeds vir die afgelope sewentien jaar elke Oktober gehou en lok natuurliefhebbers van ver om die drie dae van pret en vermaak en natuurlik die rose te geniet. Winste gaan aan plaaslike liefdadigheidsprojekte wat geborg word deur die Greyton Seniorsklub. Die Rosefees is voldoende rede om hierdie dorpie te besoek en ‘n bykomende wins is die feit dat die hele Overbergstreek ‘n besondere kleed aantrek gedurende daardie tyd van die jaar. Dit is iets wat nie beskryf kan word nie maar liefs ervaar moet word.

Suid-Afrika word beskryf as ‘n wêreld in een land en diegene wat die geleentheid gehad het om die land te verken stem hiermee saam. Greyton is ‘n unieke deel van daardie wêreld en sy bekoring dien as ‘n herinnering dat van die kosbaarste skatte dikwels nie gekoop kan word nie.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.