This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Geniet ‘n dag met proe van Olywe en Wyn

Net buite Kaapstad midde in ‘n golwende groen landskap deurspek met wingerde en sitrusboorde is die skilderagtige Morgenster Wynlandgoed. Dit is hier waar ‘n viermanskap en hul personeel onverpoos werk om hul droom te vervul, naamlik om een van Suid-Afrika se beste wyn en olyfolie produsente te bly. Morgenster Wynlandgoed is reeds ‘n leier in die veld. Onder die bestuur van die eienaar Guilio Bertrand en met die hulp van Pierre Lurton, Marius Lategan en Gerrie Duvenhage is dit ‘n wynprodusent wat voortgaan om die smaakkliere van kenners binnelands en in die buitelang te bevredig.

Jacques Malan het die plaas Morgerster Wynlandgoed gedoop nadat hy dit gekoop het as deel van die landgoed van Willem Adriaan van der Stel, Vergelegen. Die plaas is van geslag tot geslag in die hande van die Malans en toe Guilio Bertrand dit in 1992 gekoop het, was noodsaaklike rekonstruksie en herstelwerk noodsaaklik. Met die hulp van Revel Fox, ‘n bekende argitek, het Bertrand begin met die restourasie van die driehonderdjaar oue geboue tot hul vorige glorie.

Behalwe vir die asemrowende wynkelder en die rye olyfbome is die wingerd vol verskillende rooi druiwesoorte soos Cabernet Franc, Merlot en Cabernet Sauvignon. Die keldermeesters Pierre Luton en Marius Lategan is verantwoordelik vir die topwyne wat Morgenster Wynlandgoed se roem deur Europa, die Verenigde Koninkryk, Singapoer en Noord-Amerika uitgedra het.

Nog een van Morgerster se unieke kenmerke is sy olyfprodukte wat ook steeds talle toekennings inpalm. Gerrie Duvenhage is verantwoordelik vir die volgende produkte: Olive Paste, Extra Virgin Olive Oil, White Truffle Olive Oil en Lemon Enhanced Olive Oil. Die landgoed se swart en groen tafelolywe is ook gesogte produkte. Die plaas het trouens die gesogte L’Orciolo d’Oro toekenning vir die negende opeenvolgende jaar verower. Besoekers word aangemoedig om die personeel te vergesel en ‘n uitsonderlike dag van wyn- en olyfproe te ervaar terwyl hulle ook ‘n toer van die plaas en sy fasiliteite meemaak en kwaliteit, rustigheid en skoonheid in die Kaapse landskap ervaar.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.