This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Distrik Ses Museum - ‘n interessante wandeling deur die geskiedenis

Die sogenaamde apartheid regime is wêreldwyd in ‘n mate bekend vir ontwrigting en tragedies in Suid-Afrika slegs enkele dekades gelede. Vandag is die land omvorm tot ‘n plek met vrye vermenging van rasse, kulture en godsdienste. ‘n Besoek aan die Distrik Ses Museum sal egter die ontberings van vroeër weer duidelik onder die aandag van die besoeker bring.

In die onlangse verlede het Distrik Ses ‘n ikoniese stadsgebied geword in die hart van die mooi stad, Kaapstad. Die naam dateer terug na 1867 toe die area deur die owerheid as die sesde munisipale distrik van Kaapstad geproklameer is. Aanvanklik is die gebied deur ‘n mengelmoes van mense bewoon: bevryde slawe, kunstenaars, arbeiders, handelaars en immigrante. Hierdie dinamiese vermenging van mense was grootliks verantwoordelik vir die ontwikkeling van die gebied tot ‘n lewenskragtige kulturele sentrum. Sy ligging naby aan die stad en die hawe het gehelp om dit te laat floreer. Voor 1970 was die gebied die tuiste van ongeveer ‘n tiende van die stad se bevolking. In 1966 het die regering die gebied as ‘n blanke gebied geproklameer en teen 1982 is ongeveer 60 000 inwoners onderwerp aan ‘n gedwonge verskuiwing en is hulle na ‘n onherbergsame gebied buite die stad, bekend as die Cape Flats, verplaas. Die lewenstyl, soos hulle dit geken het, was verby en die meeste van die geboue het voor stootskrapers geswig.

Hierdie pogings om mense van verskillende rasse te skei, het onnodig geblyk en slegs ‘n dekade later was Distrik Ses ‘n verwaarloosde en leë deel van die stad. Diegene wat dit kon bekostig, het vinnig vanuit die stad na die voorstede getrek aangesien min blankes in elk geval daar wou woon. In 1989 is die Distrik Ses Stigting in die lewe geroep in ‘n poging om dit wat van die geskiedenis oorgebly het, te bewaar. Ou geboue, wat oorleef het, is geoormerk vir restourasie en stelselmatig het Distrik Ses weer eens ontwikkel tot dit wat dit eens was: ‘n Simbool van sukses ten spyte oorweldigende negatiwiteit.

Die Distrik Ses Stigting het in 1994 ‘n museum geopen waarin die herinneringe en lewens van diegene wat gedwonge verskuif is, lewend gehou word. Hierdie museum het sedertdien ontwikkel ot ‘n plek waar wandade van die verlede en die stryd vir lewe en lewensvatbaarheid, ten spyte van tekortkominge, gesien en oordink kan word, maar dit het ook ontwikkel tot ‘n voertuig van waar sosiale diskriminering beveg kon word. Die museum spreek onwaarhede en halwe waarhede oor Kaapstad se verlede aan en skep ‘n grondslag vir ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en nie-dikriminerende gemeenskap gebaseer op die geskiedenis van Distrik Ses. ‘n Besoek aan hierdie museum is ‘n ontdekkingstog in die kleine van ‘n aspek van Suid-Afrika se geskiedenis.

User Comments & Reviews

fiona
2010-05-04 15:29:34

as die navorser net baie prene kan kry dan sal die inligting baie werd wees.

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.