This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners

Perdry liefhebbers wat opsoek is na 'n baie spesiale ondervinding, kan gerus 'n draai maak by die Suid-Afrikaanse Lipizzaners se vertoning. Dit is die enigste Lipizzaner-sentrum in die wêreld wat erken word en wat 'n affiliasie is van die Spaanse Perdry Skool in Vienna. Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners is een van die min plekke waar jy die asemrowende wit dansers kan besigtig, terwyl hulle ruiters hulle deur hul passies neem. Die vertoning is nie net vermaaklik nie, maar is ook opvoedkundig.

Die storie van die Suid-Afrikaanse Lipizzaners het begin met die redding van 'n paar Lipizzaners vanuit 'n oorlog-verskeurde Oostenryk, en terug gebring is in 1944. Die man wat verantwoordelik was vir die redding, was Graaf Jankovich-Besan. Hy het sy geliefde hingse in Kyalami gehuisves, en later die sentrum gestig. Die perde wat vandag op stal staan, is almal afstammelinge van sy oorspronklike perde.

Die Lipizzaner sentrum in Kyalami word dalk 'n klein bietjie anders beheer as die skool in Vienna, maar die eeu-oue perdry tradisies, die opleiding van die perde en die teel van die Lipizzaners, word behou. Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners bly in baie nou verbinding met die ry-skool in Vienna, en partykeer word die Suid Afrikaanse ruiters opleiding gegee deur die mees ervare ruiters by die Spaanse Ryskool.

Enige perde liefhebber sal weet dat die Lipizzaner geteel is vir sy edelike liggaamsbou, bekwaamheid om te leer, grasieuse beweegings, taaiheid, stamina en dapperheid. Dat al die perde wat in die vertonings gebruik word, hingse is, is bewys van sy goeie natuur, asook die eeu-oue tegnieke wat oor die jare deur die Spaanse Ryskool in Vienna bewaar is.

Terwyl die meerderheid van Lipizzaners swart gebore word en met tyd na silver-wit verkleur, is daar wel 'n spesiale paar wat bruin of swart bly. Die Suid Afrikaanse Lipizzaner Sentrum het twee swart hingse wat hopelik sal verseker dat daar in die toekoms nie net wit Lipizzaners sal wees nie. Bo en behalwe hierdie twee volwasse Lipizzaners, is daar tans 'n klein swart hings, wat tekens wys dat hy sy swart kleur gaan behou.

Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners het baie belangrik geword as deel van die land se kulturele erfenis en moet nie misgeloop word nie. Vertonings word elke Sondag om 10:30 in die Lipizzaner Sentrum se binne-huise saal in Kyalami gehou. Dit duur ongeveer 'n uur en verversings en gedenkwaardighede is beskikbaar. Besoek gerus die amptelike Suid-Afrikaanse Lipizzaner webwerf vir meer inligting.

User Comments & Reviews

afanti-tour.com Team
2010-07-20 13:39:31

waar presies is julle gelee en wat is die kaans om opleiding te ontvang om perde optelei. Freddie
Welcome to afanti-tour.com. Please note that we are not affiliated with the South African Lipizzaners. You will need to contact them directly with your enquiry.

Reply with Quote

Freddie
2010-07-20 09:29:55

waar presies is julle gelee en wat is die kaans om opleiding te ontvang om perde optelei. Freddie

Reply with Quote

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.