This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Soweto Strykkwartet

Andersklinkende musiek met ‘n eie karakter het gedurende die tagtigerjare vanuit die tradisionele swart buurte begin kom, wat beide die Afrika-ritmes asook die tradisionele agtiende eeuse Europese instrumentale klanke saamgevat het. Tradisioneel bestaan ‘n strykkwartet uit vier musikante met vier musiekinstrumente ─ gewoonlik twee viole, ‘n tjello en ‘n altviool.

Teen die einde van 1989 het hierdie nuwe klank ‘n realiteit geword met die ontstaan van die Soweto Strykkwartet by die Madimba School of Music. Daar was heelwat kontroversiële uitsprake oor die orkes, want dit moet in verband gebring word met die feit dat dit ontstaan het in die tyd van die ou ‘apartheids’-regering. Eers ‘n jaar later, in 1990, het president F W de Klerk die vrylating van Nelson Mandela uit die tronk aangekondig waarna die ou sisteem stelselmatig begin ontbind het. Uitsprake teen die strykkwartet is sleg ervaar deur die mense waaronder dit ontstaan het aangesien hulle dit ervaar het as ‘n verwerping van hul kultuur. Desondanks hierdie reaksie het hierdie formidabele vier hul man gestaan en Suid-Afrika stormenderhand verower en wel op so ‘n wyse dat BMG Records daarvan kennis geneem het en ‘n kontrak met hulle gesluit het. Toe hulle teen 1992 die verhoog betree het, was dit as professionele musikante en was hulle ook nog in die bevoorregte posisie dat hulle by president Mandela se inhuldiging opgetree het. Sedertdien bereik hulle die een hoogtepunt na die ander.

Een van hul grootste aanhangers is die nimlike Nelson Mandela en gepaard hiermee die oorweldigende steun van die Suid-Afrikaanse publiek was daar van omdraai geen sprake nie en nou, vyftien jaar later, is hulle steeds op koers. Die kwartet bestaan uit drie Khamese broers, Reuben, Sandile en Thami, tesame met hul talentvolle vriend Makhosini Mnguni. Hul begin was by hul oom se musiekskool waar ongeslypte talent van jong seuns verfyn is en gelei het tot Sandile en Reuben Khamese in die Soweto Strykorkes.

Soweto is bekend vir sy grenslose versameling dansritmes wat stedelike (urban) popmusiek bekend as Kwela, die aangepaste ritme van die Mbaqanga kitare en die sielvolle Afrika-jazz wat deur saksofone en trompette gespeel word, insluit, als begelei deur die harmonieuse sang van die plaaslike inwoners.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.