This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Sasol Kunsmuseum

Die Sasol Kunsmuseum is geleë in Stellenbosch, naby aan Kaapstad, en bied baie vir die gewone toeris. Dit sal ‘n hele paar uur duur om die kunsskatte wat hier gehuisves word te geniet.

Die Kunsmuseum is in Hollandse Neo-klassieke gebou wat terugdateer na 1907. Die gebou is eers gebruik deur die Bloemhof Skool waarna dit ten volle gerestoureer is en as ‘n kunsmuseum geopen is in 1991. Die restourasiewerk is grotendeels deur Sasol befonds met die gevolg dat dit die Sasol Kunsmuseum genoem word. Die intrinsieke skoonheid van die gebou verdien eerstens die besoeker se aandag waarna die besoeker hom kan verdiep in ‘n wêreld van kuns en kultuur. Die museum beskik oor ‘n indrukwekkende versameling beeldhouwerke, skilderye, keramiek en grafiese kunswerke deur Suid-Afrikaanse en oorsese kunstenaars van die 19de en 20ste eeu. Daar word ook gefokus op huishoudelike en rituele voorwerpe, wapentuig en kleredrag uit verskeie lande op die Afrika vasteland. Die museum is nou geskakel met die Universiteit van Stellenbosch se kunsdepartement en die items op uitstalling is geselekteer uit die Universiteit se kuns, kultuur-historiese en volkekundige departemente se permanente versamelings. Die Universiteit se versameling dateer terug na 1919 toe die Universiteitsraad sy eerste twee skilderye aangeskaf het en bestaan tans uit 3,000 voorwerpe.

Talle van die items op uitstalling is gekies as gevolg van hul impak of verwantskap met die land se geskiedenis. Kunstenaars soos Moses Kottler, Anton van Wouw, Edward Roworth, Florence Zerffi, J Volschenk, Hugo Naudé, Erich Mayer, Adolph Jentsch, Frederick Timpson, Thomas Baines, Thomas Bowler, Solomon Casear Malan, Strat Caldecott, JH Pierneef, Maggie Laubser, Irma Stern, Walter Battiss, Alexi Preller, Edoardo Villa, Cecil Skotnes, Larry Scully, Nel Erasmus, Christo Coetzee, Judith Mason, Leonard Matsoso, Hardy Botha en Louis van Heerden het almal kunswerke daar op uitstalling. J du P Scholtz, S C Malan en Maggie Laubser het tans groot versamelings op uitstalling. Baie van die kunswerke is erflatings wat oor die jare aan die Universiteit bemaak is.

Die Sasol Kunsmuseum is geleë te Ryneveldstraat 52 in Stellenbosch. Dit op Maandae gesluit en is op Dinsdae, Donderdae en Vrydae oop van 09:00 – 16:30; op Woensdae van 09:00 – 20:00; op Saterdae van 09:00 – 17:00 en op Sondae van 14:00 – 17:00. Besoek gerus hierdie besondere museum!

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.