This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Kaapse ‘Omgee-roete’ ─ ‘n Reis na die hart van die Wes-Kaapse gemeenskappe

Die Wes-Kaap streek bied aan toeriste gebiede met asemrowende natuurskoon, wêreldklas akkommodasie en ‘n reeks ander aantreklikhede en vermaak om in elke smaak te val. ‘n Toenemende getal toeriste wil egter by die bestaande toeriste aantreklikhede verbybeweeg en wil insae kry in die daaglikse lewe van die plaaslike mense wat natuurlik ook insluit die uitdagings wat plaaslike gemeenskappe in die gesig staar, hoe hulle te werk gaan om die uitdagings die hoof te bied en wat hul toekomsideale is. Die Kaapse ‘Omgee-roete’ (Cape Care Route) maak dit vir toeriste moontlik en bied selfs meer.

Hierdie roete het sy ontstaan gevind in die 2002 Spitsberaad vir Volhoubare Ontwikkeling (World Summit on Sustainable Development) en hierdie Kaapse inisiatief laat die kollig val op projekte waar die mense self na vore getree het om verantwoordelikheid te aanvaar en om ook verantwoordelik te wees vir die versorging van mekaar en die omgewing. Daar word geglo dat deur hierdie inisiatief volhoubare ontwikkeling op ‘n praktiese wyse bevorder word, terwyl besoekers se uitkyk verbreed kan word op ‘n wyse wat kan bydra tot die vereniging en bemagtiging van deelnemende gemeenskappe. Na ‘n evaluering deur die Kaapse plaaslike owerheid en die toerismeraad word meer as 25 projekte in hierdie toeriste roete ingesluit. Die roete strek oor die hele Kaapstad gebied en sluit projekte in op die Kaapse Vlakte en die Skiereiland.

Die toer sluit besoeke in na Khayelitsha, die grootste township in Kaapstad, waar groepe mans, vroue en jeugdiges hul eie huise bou, groentetuine bewerk, en op vernuftige wyse afval materiaal omskep in kontemporêre kuns en handwerk. Besoekers staan verstom oor wat gedoen kan word met ‘n leë Coca Cola blikkie en ‘n tang en hulle kan hierdie ontluikende entrepreneurs steun deur van hulle kunswerke te koop. Projekte in Khayelitsha sluit in Learn to Earn, Golden Flowers, Look Out Hill, Philani Nutrition and Development en Sibanye Economic Empowerment.

Besoekers sal ook ‘n vleiland gebied besoek wat bedreig was, maar deur gemeenskapsbetrokkenheid omskep is in ‘n Gemeenskap Natuurreservaat en wat soos ‘n oase in die stadsomgewing uitstaan. Die Edith Stevens Wetland Park is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe samewerking tussen die owerheid, die sakeomgewing en gemeenskappe dien om te beskerm en die ryk biodiversiteit van Kaapstad te bevorder. ‘n Besoek aan die Kaapse Skiereiland Nasionale Park wys hoe indringer plante uitgeroei is om waterverbruik te verminder en inheemse plantsoorte te laat gedy.

Ander projekte op die roete is die BEN Fietswerkswinkel in Masiphuelele, die Lwandle Trekarbeid Museum, die Suider-Afrikaanse Stigting vir die bewaring van Kusvoëls in Rietvlei, Selfhelp Manenberg, Solole Wildreservaat in Kommetjie, Spier in Stellenbosch en die Mxenga Behuisingsprojek in Nyanga.

Die Kaapse ‘Omgee-roete’ bied aan besoekers ‘n geleentheid om te deel in die ervaring van gewone mense wat uitstyg bo slegte omstandighede ─ met verstommende resultate.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.