This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Die Asemrowende Vallei van Verlatenheid

Graaff-Reinet is een van die mees historiese dorpe in Suid-Afrika. Die dorp is gestig ongeveer twee honderd jaar gelede en die die ou geboue en monumente is ‘n padkaart van die geskiedenis van die dorp, maar dit beeld ook die verskeidenheid kulture uit wat hul paaie met die dorp gekruis het, terwyl fossiele wat in die omgewing gevind is die verhaal vertel dat die gebied deel was van ‘n seebedding in pre-historiese tye. Die uitsonderlike erfenis van die gebied is ook te vinde in die natuur wat die dorp omring en spesifiek die vyftien duisend hektaar Kamdeboo Nasionale Park wat aan die dorp grens.

In die Kamdeboo Nasionale Park is die Vallei van Verlanteneid. Dit is dikwels al as ‘n geologiese fenomeen beskryf en is ‘n goeie voorbeeld van die kragte en wonder van die natuur wat die besoeker sprakeloos laat. In 1935 is hierdie besondere rotsformasie se uniekheid erken en is dit verklaar tot ‘n Natuurlike Nasionale Monument. Dit het een van die groot aantrekkingskragte na Graaff-Reinet geword wat fotograwe, voetslaners en nuuskieriges gelok het na die asemrowende sonsondergange, eksklusiewe foto-geleenthede en die natuurskoon van die Vallei van Verlatenheid.

Die Vallei van Verlatenheid bestaan uit ‘n massiewe rotsformasie van een honderd en twintig meter rots wat ongeveer ‘n honderd miljoen jaar geneem het om deur middel van aktiewe vulkaniese kragte en erosie te vorm. Die staproetes gee aan natuur entoesiaste die geleentheid om die beste van die valei te sien en, hoewel geïsoleerd en ook die feit dat die naam die indruk van ‘n dorre landskap skep, is die vallei die habitat van ‘n vesrkeidenheid wildlewe. Daar is meer as drie honderd en vyftig plantspesies in die vallei en meer as twee honderd voëlspesies asook ‘n verskeidenheid soogdiere. Besoekers wat nie in stap geïnteresseerd is nie word aangeraai om die veertien-kilometer rit na die top te onderneem. Piekniek areas word onderweg gevind en besoekers kan ook oornag stapekspedisies onderneem. Die intimiderende rotstorings is monumente van die onbegryplike werking van die natuur. Van al Graaff-Reinet se natuurlike en mensgemaakte aantreklikhede is die Vallei van Verlanteheid by verre die uitnemendste.

User Comments & Reviews

Leave a comment:



















Site map afanti-tour.com - Directory and Complete Guide to South Africa Updates

Some of the Koh Samui villas are set on peaceful hills adjoining sea. So, when a sea wave hits the big boulders below, you are actually able to experience some butterflies in your stomachs. Such is the experience of the exotic locales where these Samui villas are located. The villas are located in peaceful places, but not much far from action. You can anytime visit the flee market to buy exotic sea shells, or belts made from fish’s skin for you dear and near ones.